icon-newsletter

Leef asof God leef

 

Ek het ‘n vrou ontmoet wat haar lewe so beskryf het: Ek was trots op my reputasie en my posisie. Ek was bekend by die buiteklub, bekend onder die elite van die gemeenskap en ook bekend as ‘n leier by my kerk. Maar my hart was hoogmoedig en onleerbaar. Alhoewel ek ‘n leier was, het ek nie tyd in die Woord spandeer nie. Die een ding wat ek wel goed gedoen het, was om kerk te speel. O ja, ek het beslis geweet hoe om voor te gee.

Dinge het verander tydens ’n Bybelstudie, waar twee woordjies haar hart deurboor is: “God lewe.” Sy het onmiddelik besef dat sy leef asof God eintlik dood is.

Romeine 8:11 sê: “Jesus het gesterf, maar God het Hom weer laat lewe, en God se Gees woon nou in julle harte. Daarom, Christus het gesterf, maar God het Hom weer laat lewe en God sal eendag ook vir julle weer laat lewe, julle wie se liggame nog sal sterf, maar wat God se Gees in julle harte het. 13As julle lewe soos julle self graag wil lewe, dan sal God julle vir altyd laat sterf. Maar as julle na die Heilige Gees luister en julle doen nie wat julle liggame wil hê nie, dan sal God julle vir altyd laat lewe.

Nou is die groot vraag, lewe ek en jy asof God leef?

Seëngroete van ROHSA