icon-newsletter

Lastige bossies

 

Wanneer jy die onkruid bossies in jou grasperk probeer uitroei, kan jy die mooi klein wit en geel blommetjies pluk vir ‘n blomvasie in jou badkamer, maar dit gaan nie jou probleem met die onkruid in jou gras oplos nie. Jy moet elke plantjie se hele wortel uitgrawe, anders groei hulle net sterker terug. 

Ons benadering teenoor sonde moet presies dieselfde wees.

Jonathan Edwards het geskryf: “Klaar besluit, wanneer ek agterkom dat ek op enige manier sondig opgetree het, gaan ek dit terugspoor, totdat ek by die wortel daarvan uitkom.” Hy wou nie kort pad kies om net die blommetjies en blaartjies van sonde te verwyder nie. Jonathan het onderneem om baie bewustelik van sonde af weg te bly, en ook te bid dat geen sonde sal wortel skiet in sy lewe nie. 

Wanneer jy besef dat jy gesondig het volg Psalm 139:23 “Deursoek my, o God, en ken my hart; toets my en ken my onrustige gemoed. Kyk of daar enige sondige neiging by my is, en lei my op die ewige pad.”

Seëngroete van ROHSA