icon-newsletter

Lankmoedigheid

 

Wanneer die Apostel Paulus begin om ware, goddelike liefde te beskryf, begin hy in die bekende 1 Korintiërs 13 met “Die liefde is geduldig”. Sommige vertalings sê “Die liefde is lankmoedig”.

‘n Vrou vertel vir ons dat hulle huwelik die laaste nege jaar geteister word met alkoholisme. Sy bid voortdurend hierdie woorde: “Here, ek kan hierdie nie hanteer nie. Ek kan nie liefhê soos U bedoel het ek moet lief hê nie. Gee asseblief vir my U liefde. Laat dit deur my na hierdie man toe vloei.”

Soms behels ware liefde ook swaarkry, nie net vir die korte duur nie, maar oor die langtermyn. Hierdie soort geduld en lankmoedihgeid beteken dat jy nie iemand probeer terug kry wat jou seermaak nie, al is weerwraak binne jou vermoë.

Hoe is dit moontlik om iemand op hierdie manier lief te hê? Net deurdat ons God lief het. 

Deur lankmoedigheid en toewyding in ons huwelik te wys bring God eer. Wanneer ons gevul is met God se liefde en dit oorvloei met geduld vir ander, is dit ‘n bewys dat ons Hom eerste wil stel.

Seëngroete van ROHSA