icon-newsletter

Kwaad

 

Terwyl ek so met baie vroue praat- my vriendinne, sussies en kollegas kan ek in hulle oë die gevolge van baie seerkry en pyn sien. Een van die dinge wat ek al hoe meer hoor, is: “Ek is kwaad. Ek is kwaad vir my man, kwaad vir my ouers, kwaad vir God.”

Soveel mense loop met gewonde siele, wanneer hulle nie daardie wonde op God se manier versorg nie, lei dit tot smeulende bitterheid, woede – selfs wraak en geweld in sommige gevalle.

Vryheid kom wanneer ons God vertrou om die ander persoon uit te sorteer. Hy is die magtigste regter wat daar is. Ons is ongelukkig self nie altyd so onskuldig as wat ons wil glo nie. Ons moet ook om vergifnis vra vir enige verkeerde reaksies wat ons gehad het, dan kan ons kies om te vergewe. Hebreërs 12:14 “Streef na vrede met almal en na die heiligmaking, waarsonder niemand die Here sal sien nie.”

Dit is dalk nie maklik en eenvoudig nie, maar deur geloof is dit wel moontlik. Is daar enige bitterheid in jou hart? Gaan jy vandag die pad van vergifnis kies?

Seëngroete van ROHSA