icon-newsletter

Krag vir die stryd 

 

Terwyl Jesus in die Tuin van Getsemane gebid het, was Hy besig om ‘n geweldige stryd te veg. Sou Hy Sy Vader kon gehoorsaam om die totale gewig en las van sonde aan die kruis te dra? Terwyl Hy in Sy wroeging gebid het, lees ons in Lukas 22:43 “Daar het ’n engel uit die hemel aan Jesus verskyn en Hom versterk.”

Die woord wat in die oorspronklike skrif gebruik is, beteken “om innerlik sterk te maak”. Jesus het innerlike geestelike krag ontvang, maar Hy moes nogsteeds met Sy worsteling voortgaan.

God het Jesus nie verlos van Sy stryd nie, maar Hy het Hom die innerlike krag gegee om te volhard in die stryd. 

God doen dit vir ons ook. As jy ‘n paar kleuters het en die versoeking probeer weerstaan om kwaad en ongeduldig te word, het jy nie verlossing van jou stryd nodig nie. Jy het innerlike krag nodig om die stryd te trotseer.

Hier is een manier waarop jy kan bid. “Here, ek is swak en en het U nodig. Versterk my in hierdie oomblik van swakheid sodat ek U nie teleurstel nie.”

Seëngroete van ROHSA