Ek het ‘n advertensie van iets interessants gesien, hulle noem dit ‘n “Magical Shirt”. Daar was ‘n boodskap op die hemp gedruk, maar die boodskap was agteruit geskryf, sodat jy dit in die spieël kan lees.
Die boodskap was: “Ek is ‘n kosbare, wonderlike, spesiale, unieke, seldsame, waardevolle, heel, waardige persoon.” Volgens die advertensie was die hemp bedoel om jou daaraan te herinner hoe kosbaar en uniek jy is.
Daardie hemp weerspieël die begeerte van een en elk van ons – almal wil spesiaal en gewaardeerd voel. Ons is verseker kosbaar, waardevol en uniek omdat ons na God se beeld gevorm is. Jy word nie waardevol deur in die spieël te kyk, en vir jouself te vertel hoe oulik jy is nie.
Ons moet eerder na God toe gaan en erken dat ons gevalle, gebroke, swak en sondig is. In Sy vergifnis kan ons Sy genade en Sy ongelooflike liefde vir onverdiende sondaars aanvaar. Dit is juis deur Christus se kruisdood vir ons gedemonstreer.
Sagaria 9 stel dit so – vers 16 “want hulle is die juwele van ‘n kroon wat glinster oor sy grondgebied. 17 Waarlik, hoe goed en hoe mooi sal dit wees! Koring sal die jong mans laat gedy, en nuwe wyn die jongmeisies.”
Dit is God se opinie wat ons lewens ware betekenis en waarde gee.
Seëngroete van ROHSA