Ek het een keer in ‘n katalogus iets gesien wat hulle die “tower nag rok” genoem het. Daar was ‘n boodskap agterstevoor op gedruk sodat jy dit in ‘n spieël kon lees. Die boodskap het gesê: “Ek is kosbaar, wonderlik, spesiaal, uniek, raar, heel, geregverdig, waardig, en ek verdien dit.” Volgens die katalogus, was die nagrok veronderstel om “jou te herinner hoe kosbaar en uniek jy is.”
Daardie nag rok weerspieël die behoefte wat ons elkeen het om spesiaal en waardevol te voel. Ons is kosbaar en uniek vir God omdat ons na Sy beeld geskape is, maar ons word nie kosbaar deur vir onsself te vertel hoe wonderlik ons is nie.
In plaas daarvan moet ons eerder tot God nader en erken dat ons feilbaar, gebroke, swak en sondig is. Dan kan ons Sy genade en Sy ongelooflike liefde vir onverdiende sondaars aanvaar wat vir ons bewys is deur Christus se kruisdood. Dit is wat ons lewens waarlik kosbaar en waardevol maak.
Psalm 139:14 Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker
Weet jy dit verseker?
Seëngroete van ROHSA