Jy ken waarskynlik die storie van koningin Ester. Niemand mag voor die koning verskyn het sonder sy uitnodiging of toestemming nie, selfs nie die koningin nie. Maar Ester het haar lewe gewaag en by hom gaan pleit vir haar volk – die Joodse nasie. Ons lees in Ester 5:2 “Die oomblik toe hy koningin Ester in die voorhof sien staan, het sy guns gevind in sy oë. Hy het die goue septer in sy hand na haar uitgesteek. Sy het nader gegaan en die punt van die septer aangeraak. Die koning sê toe vir haar: “Wat is dit, koningin Ester?”
Ek dink hierdie verhaal weerspieël nogal hoe ons God nader in ons gebedstyd. God is soveel groter as ‘n aardse heidense koning, wie is ons om Hom te nader met ons nietige versoeke? Maar ons Koning het ons gekies! Hy is onsettend lief vir ons. Hy wil hê dat ons Hom moet nader in gebed, want Sy planne kom in vervulling deur die gebede van Sy kinders.
Ons Koning wil in Sy grootheid en almag hê dat ons Hom moet benader. Wanneer jy na Hom toe gaan in die geregtigheid van Christus, sal Hy sy septer vir jou laat sak en jou verwelkom in Sy teenwoordigheid!
Seëngroete van ROHSA