icon-newsletter

Kom huistoe

 

Lorna Wilkinson het pas haar drankverslaafde man van 21jaar verlaat, toe sy een van Revive Our Hearts se boodskappe op die radio gehoor het. Daar het sy gehoor hoe God bereid is om ons sondes te vergewe. Nie lank daarna het sy tot bekering gekom en Jesus as haar verlosser aangeneem. 

In dieselfde tyd het sy gehoor dat haar man ‘n hartaanval gehad het en in die hospitaal was. God het haar oortuig om hom te gaan besoek, met die doel om hom te vergewe vir die pyn en chaos wat hy vir hulle gesin veroorsaak het. Dit was nie al nie, God het ook vir haar gesê om in haar man se oor te fluister “moenie bekommerd wees wanneer jy ontslaan word nie, kom terug huistoe”.

Lorna se lewe en huwelik het wonderlik genees en herstel. Vier maande later het haar man weer ‘n hartaanval gehad, maar hierdie keer het hy na sy ewige huis terug gekeer.

Jy kan na hierdie getuienis van Lorna gaan luister op ons webwerf www.reviveourhearts.com. Daar sal jy hoor hoe Lorna vertel hoe dankbaar sy is oor haar besluit. Kan jy jou indink hoe sy sou voel as sy nie gehoorsaam was aan God se fluistering om haar man te gaan vergewe nie?

Seëngroete van ROHSA