icon-newsletter

Koekoek horlosie

 

Meeste mammas sukkel om tyd te kry om stiltetyd te hou, veral wanneer hulle kindertjies nog klein is, of mamma van die huis af werk.

Ek het ‘n ouer tannie gevra of sy enige raad het. Sy het my vertel dat hulle nog ’n koekoek horlosie gehad het. Haar dogtertjie was nog nie eens drie jaar oud, toe sy  haar dogtertjie vertel het van haar spesiale kuier tyd met Jesus. Sy het vir haar gewys dat die koekoek horlosie se voëltjie elke 30 minute uitspring. Haar dogtertjie het dan ook met haar eie boekie gesit, soms onderste bo, en geleer om stiltetyd te hou. Sy was meestal geduldig, want sy het geweet, wanneer daardie voëltjie uitspring, haar en haar mamma se alleen tydjie aanbreek.

Nie net kon die mamma gereeld met haar stiltetyd besig wees nie, maar sy kon sien hoe 2 Timoteus 3:14 gevestig word in haar dogtertjie se lewe.  “Maar jy, bly jy by dit wat jy geleer het en waarvan jy vas oortuig is, omdat jy weet by wie jy dit geleer het, en omdat jy van kleins af die Heilige Skrifte ken wat jou die wysheid kan gee tot verlossing deur die geloof in Christus Jesus.”

In vandag se era het ons nie meer koekoek horlosies nie, maar ek is seker jy gaan aan ‘n slim plan kan dink om ook so ‘n afgebakende tydjie in jou lewe in te stel.

Seëngroete van ROHSA