icon-newsletter

Kitsresultate 

 

In vandag se era gebeur so baie dinge in ‘n kits, so vinnig as moontlik – kits koffie, kits pap, kits noodles, kits gom…. Ons is wil veral ons take in ‘n oogwink af handel — selfs wanneer dit ons gebede behels.

Hier is ‘n kort getuienis: “Wanneer ek terugkyk, was my gebede en motiewe so selfsugtig. Ek het ‘n probleem gehad met kos en my gewig. Ek het die heel tyd gebid dat God my sou verlos, maar ek wou nie regtig my lewenstyl verander nie. Ek wou hê dat God vir my onmiddelike en kits resultate gee.”

Ons leef in ‘n gevalle sondige wêreld. Selfs die verlostes het te doen met versoeking, siekte, verlies, pyn en dood. Die goeie nuus is: God is bereid om saam met ons deur elke moeilike situasie te stap. In die proses sal Hy ons leer om Hom meer te vertrou. Hy gebruik daardie druk om ons meer soos Sy Seun, Jesus te maak.

Jesaja 41:10 “Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek laat jou oorwin met my regterhand wat mense red.”

Moenie moedeloos word en kits oplossings soek nie. Ja, ons kan God vra om die beproewing weg te neem, maar ons kan ook vra dat Hy ons sal help om Hom deur die beproewing op ‘n manier leer ken, wat andersins dalk nie moontlik sou wees nie.

Seëngroete van ROHSA