icon-newsletter

Kinders se aktiwiteite

 

‘n Vriendin vertel hoe besig haar kinders se skedule is met allerlei aktiwiteite. Daar is gimnastiek en sokker, en klavierlesse vir haar dogter. Haar seun is in die skaak en video klub. En dan sing hulle almal boonop in die kerkkoor…

Dit is wonderlik dat kinders nuwe dinge leer en ervaar. Maar die enkel belangrikste ding wat hulle kan leer gaan jou dalk verras. Dit is om ‘n daaglikse stilte tyd te ontwikkel – tyd in gebed en met God se Woord.

Dit is nodig dat ouers elke nou en dan evalueer wat die aktiwiteite is waaraan hulle kinders deelneem.  Indien daar nie vir jou of jou kinders genoeg tyd is om ‘n verhouding met God te ontwikkel nie, is dit ‘n rooi vlag wat opskiet om jou te wys dat dit dringend nodig is om iets uit julle skedule uit te sny.

Onthou die woorde van Psalm 119:9 “Hoe kan ‘n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord!” 

Is God se Woord ‘n prioriteit in jou kinders se lewens?

Seëngroete van ROHSA