Die omstandighede waarin ons is, het ons nie noodwendig vir onsself gekies nie. Dalk het jy ook al gevoel dat jy nie gevra het om in jou gesin of familie gebore te word nie. Beslis nie dat hulle jou so sleg behandel nie.
Maar ons het ‘n keuse oor hoe ons op die lewensomstandighede reageer. Ten spyte van wat al reeds in die verlede gebeur het, het jy die keuse om hulle te vergewe. Dalk is dit nou die tyd dat jy vir eens en altyd jou ma en pa vergewe.
Elkeen van ons word deur ons omstandighede geraak, maar ons hoef nie daardeur beheer te word nie. Indien ons geluk en welstand afhang van wat met ons gebeur, sal ons onsself altyd as slagoffers sien.
Die feit is egter, die uitkoms van ons lewens word nie bepaal deur wat met ons gebeur nie, maar deur ons reaksie op wat met ons gebeur.
Jy voel dalk vasgevang in jou situasie as gevolg van die wonde wat deur iemand anders toegedien is. Hier is vir jou hoop, jy kan vryheid ontvang deur te kies om met genade en vergifnis te reageer.
Romeine 8:5-6 “maar diegene wat volgens die Gees leef, bedink die dinge van die Gees. Die denke van ons sondige aard loop uit op die dood, maar die denke van die Gees bring lewe en vrede.”
Seëngroete van ROHSA