icon-newsletter

Ken jou doel

 

“Ek dink dat beskeidenheid belangrik is, maar om altyd nederig te wees skep ‘n probleem vir my wanneer ek die leiding moet neem. Dinge raak nou weer vir my moeilik wanneer ek moet aanpas by ‘n spesifieke groep mense.”

Vrae soos hierdie, vereis dat ons teruggaan na die basiese beginsels van die Woord. Hoekom leef ons? Hoekom bestaan ​​ons? Wat is ons doel in die lewe?

Jare gelede het God vir Nancy ‘n begeerte gegee om Hom met haar hele lewe te vereer. Sy wou Hom verheerlik en voorstel aan ‘n soekende mensdom. Om te weet wat haar doel is, het haar gehelp om deur die jare daardie moeilike maar regte keuses te maak. Idees verander so vinnig soos die rigting van die wind. Maar wanneer jou toewyding tot God se eer is, sal jy vas kan staan. Het jy al die besluit geneem om jou lewe vir Sy koningkryk te leef?

1 Petrus 3:13-15 “Verder, wie sal julle sleg behandel as julle uit julle pad gaan om goed te doen? Maar as dit inderdaad gebeur dat julle swaarkry omdat julle doen wat reg is, sal God sy seën op julle laat rus. Moet dus nie dat mense julle bangmaak of afskrik nie. Inteendeel, erken in julle harte Christus as die een wat seggenskap het.”

Seëngroete van ROHSA