Daar is so ‘n wye reeks onderwerpe waaraan ons ons tyd kan spandeer om meer van te wete te kom. – of jy nou elke fliek van jou gunsteling akteur wil kyk of die geskiedenis van grondboontjiebotter wil oplees.
Maar wat ons eintlik moet leer, is die weë van God. Ek wil sy perspektief op alles ken – die huidige wêreldsake, die toekoms, my emosies, selfs my werk. Ek wil weet wat Hom vreugde bring en wat Hom bedroef. Ek wil Sy weë ken.
Dit is waarom ek baie dae voordat ek my Bybel oopmaak, eers hierdie woorde van Psalm 25:4 bid “Here, wys my die weg wat ek moet gaan, leer my U paaie. Lei my deur U waarheid en leer my, want U, o God, is my redder. Die hele dag wag ek vol hoop op U.”
Jy kan vandag jou tyd spandeer deur allerlei nuwe onbenullige dinge te leer. Wil jy nie die tyd gebruik vir wat die heel belangrikste is en God se Woord oopmaak nie? Vra Hom om vir jou Sy weg te wys.
Seëngroete van ROHSA