icon-newsletter

Kan jy My vertrou? 

 

Ann Blotchner was ‘n ma van 5 kinders. Terwyl sy teen kanker geveg het, was die vraag waarmee sy die meeste geworstel het: Kon Sy haar kinders in God se hande laat? Hulle het hulle jongmens lewens betree en sy wou baie graag deel wees van hierdie opwindende tyd in hulle lewens.

God het reguit vir Ann gevra of sy Hom vertrou. Nie net dat dit goed gaan met nasies en oor Sy se skepping nie, maar ook met haar eie geliefdes wie Hy aan haar toevertou het.

Ann het besef sy kon met vrees gevul wees, of sy kon kies om God te vertrou. Het sy werklik geglo dat God betroubaar is om die goeie werk wat Hy in haar kinders begin het te voltooi, totdat Jesus Christus terugkeer? Haar antwoord was “Ja Here”!

Jeremia 17:7 “Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ‘n veilige vesting is.”

Ann is 3 jaar nadat sy daardie woorde geskryf het oorlede. In daardie tyd het sy geleer om God in elke area van haar lewe en haar toekoms te vertrou. Elkeen van ons moet ook God se vraag beantwoord: “My kind, kan jy my vertrou”?

Seëngroete van ROHSA