icon-newsletter

Jou verantwoordelikheid 

 

Een van die stappe in die keuse van vergifnis, gaan rondom jou kant van die saak. Die vraag is: “hoe het jy daarop gereageer?” Het jy hulle geseën, het jy vir hulle gebid? Is jou gewete skoon oor die aangeleentheid?

Vrae en stellings soos die volgende wys vir jou iets uit van die werklike stand van jou eie hart”

  • Wie het jou pa die naweek saam met hom gehad?
  • Ek hou net nie van haar nie.
  • Ek wens hy wil net doodgaan.

Jy is nie verantwoordelik vir die manier wat ander jou seergemaak het nie. Maar jy is verantwoordelik vir die manier hoe jy daarop reageer het. Jesus het dit so gesê: “Haal eers die balk uit jou eie oog, en dan sal jy duidelik sien om die splinter uit jou broer se oog te haal” (Matteus 7:5).

Wil jy vryheid vind, en los wees van die seerkry en bitterheid? Vra God om sy liefde vir jou te gee teenoor diegene wat teenoor jou gesondig het. Maak jou gewete skoon, en kies dan om volkome te vergewe.

Seëngroete van ROHSA