icon-newsletter

Jou tuin 

 

Toe ek jare gelede my huis gebou het, het die erf nogal pateties gelyk. Die plante wat afgelewer is was trietserig, en al was daar grassaad in die grond gewees, het ek net stof gesien.

Die volgende somer het ons baie onkruid uitgetrek, kompos ingewerk en die plante gesnoei. Aan die einde van daardie somer was die tuin nog steeds nie asemrowend mooi nie. Wat ek nie kon sien nie, was dat die werk wat ons gedoen het, die wortels gehelp het om diep in die grond in te grawe.

Nou, jare later, is alles anders. Sodra ek in my tuin uitstap bevind ek myself  in ‘n lushof. Al die jare se werk werp nou vrugte af.

In jou geestelike lewe, is jy dalk ook in ‘n seisoen waar jy jou geestelike wortels diep in die grond ingrawe. Jy bid getrou en bestudeer jou Bybel maar jy sien nie merkwaardige resultate nie. Moenie moed opgee nie. Wanneer jy getrou die regte omstandighede skep, sal God jou help groei. Jy sal eendag kan terugkyk en besef hoeveel fasette van jou lewe vir God se glorie begin blom het.

2 Petrus 3:17-18 “Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word … en wegval uit jul eie vastigheid nie. Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.”

Wat kan jy vandag doen om jou geestelike wortels dieper in te grawe?

Seëngroete van ROHSA