icon-newsletter

Jou tong 

 

Het jy ooit probleme om jou tong in toom te hou?

Dis nie ‘n probleem vir my nie. Om die waarheid te sê, ek het juis met my vriendin hieroor gepraat. Maar ons ken ‘n dame met die naam Sarah wat net nie haar mond kan hou nie. . .

Skinder jy? Beswadder jy ander met jou tong?

Wel, ek sê niks wat nie waar is nie. Susan het gister self vir my gesê  . . .

Het jy ‘n kritiese tong?

Ek kan nie glo sy kan so dom wees om te dink sy kan daarmee wegkom om iemand se kar te wil leen nie.

Hoe gereeld spreek jy jou dankbaarheid uit?

Efesiërs 4:29 sê: “Nie ‘n enkele afbrekende woord moet uit julle mond kom nie, maar eerder ‘n woord wat goed is vir noodsaaklike opbou, sodat dit voordeel mag bring vir diegene wat dit hoor.” Is jy versigting met die dinge wat jy sê? Let jy op of jy met jou tong opgebou of afgebreek?

Seëngroete van ROHSA