icon-newsletter

Jou prioriteite 

‘n Vrou bel my en vra die volgende vraag: “Ek en my man is besig om ons doelwitte te besin, maar ek wonder of dit ‘n goeie ding sal wees, as ek nou aansoek doen vir ‘n nuwe werk.”

Dit is ‘n gewigtige besluit, daarom is dit nie eintlik moontlik om dit so vinnig te beantwoord nie. Maar hier is ‘n paar riglyn vrae wat ek aan haar gestel het:

Het jy en jou man al hieroor gebid, en God gevra vir Sy wysheid rondom die besluit?
Is daar ‘n Godvresende ouer vrou in jou lewe, met wie jy die besluit kan bespreek?
Dink aan die seisoen in jou lewe waarin jy nou is, wat is huidiglik jou gesin se behoeftes en prioriteite? Sal die nuwe werk daarmee inmeng of ‘n seën wees? Ek weet nie of julle kinders het nie, maar sal jy die regte aandag aan jou man en kinders se behoeftes kan skenk? Of is daar dalk ‘n ander manier hoe God aan julle behoeftes wil voorsien?

Ek kan nie vir jou sê wat die regte besluit gaan wees nie, maar Spreuke 3:6 sê “Vertrou op die Here met jou hele hart, op jou eie insig moet jy nie staatmaak nie. Ken Hom in al jou weë, en Hy sal jou paaie gelyk maak. Moenie wys wees in jou eie oë nie, Jy moet ontsag hê vir die Here.”

Seëngroete van ROHSA