icon-newsletter

Jou filosofie word raakgesien

 

Flieks, tydskrifte en advertensieborde wys vir ons die moderne filosofie van mooi, maar dit is gewoonlik ietwat anders as vanuit God se oogpunt. Vir die wêreld is skoonheid meestal aan die buitekant. God se idee is dat skoonheid innerlik is en jou geestelike lewe insluit.

Die moderne idee is: ”jou liggaam is jou identiteit.” maar God sê jou liggaam is ‘n tempel — dit huisves jou siel.

Behoort jou liggaam aan jouself en niemand anders nie, soos dit verkondig word? God het jou gemaak. jou liggaam behoort in der waarheid net aan Hom.

O ja, en “as jy dit het, pronk daarmee, moenie jouself wegsteek nie, jy wil juis die aandag op jouself vestig”! Wat vra God van ons? “Toon nederigheid en beskeidenheid. Vestig die aandag op jou gees en hart.”

Wat sê jou klerekeuses oor jou lewens filosofie? Word jy deur die wêreld se filosofie beïnvloed, of weerspieël jou voorkoms God se hart en standaard?

Wat jy dra, weerspieël verseker jou hart.

Efesiërs 5:1 “Volg dan die voorbeeld van God as geliefde kinders, en leef in liefde, net soos Christus ons liefgehad, en Homself ter wille van ons oorgegee het as ‘n offergawe aan God, as ‘n offerande met ‘n aangename geur.”

Seëngroete van ROHSA