Flieks, tydskrifte en advertensies is ‘n ooglopende bewys aan ons wat die filosofie van vandag se mode is. Dit is egter gewoonlik heel teenstrydig met God sin. Kom ons kyk net gou na ’n paar verskille van die twee sienswyses:
- Die mode in skoonheid is meestal fisies en aan die liggaam se buitekant, maar God se idee is eerder dat skoonheid innerlik en geestelik is.
- Die wêreld sê “ Jou liggaam is jou identiteit.” maar God sê: “Jou liggaam is ‘n tempel—dit huisves jou siel.”
- Die wêreld se filosofie is dat jou liggaam aan jou behoort en aan niemand anders nie. Maar God het jou gemaak. Jou liggaam behoort dus aan Hom.
- Die wêreld roem: “As jy die lyf het, spog en pronk daarmee!” Maar vir God moet ons eerder nederigheid en beskeidenheid betoon.
- Die wêreld sê jy moet die aandag op jouself vestig, maar God verwag dat ons aandag eerder op ons gees en harts dimensies moet wees.
Wat sê die keuses in jou eie klerekas oor dit wat jy glo? Word jy deur die wêreld se filosofie beïnvloed, of weerspieël jou voorkoms God se hart?
Spreuke 4:23 Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.
Ja….Wat jy aantrek, weerspieël jou hart.
Seëngroete van ROHSA