icon-newsletter

Jou eerste uur

 

Hoe het jou oggend vandag begin? Was jy dood moeg, en die wekker drie keer probeer stil maak? Toe moes die ketel gou kook vir koffie, en jy die kinders wakker maak om hulle betyds by die skool te kry?  

My pa was vir my ‘n baie goeie voorbeeld, hy het vir my Psalm 5:4 uitgeleef “U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag.” 

Alhoewel hy ‘n besigheidsman was, met ‘n geweldige druk skedule, het hy vandat hy tot bekering gekom het, tot die dag van sy afsterwe 28 jaar later, elke oggend se eerste uur vir God uitgeboek. Daardie beeld van my pa vroegoggend op sy knieë, het ‘n baie groot impak op my eie geloofslewe gemaak. 

Hoe lyk die voorbeeld wat jy stel? Indien jou verhouding met God jou hoogste prioriteit is, word dit weerspieël in die manier waarop jy jou dag begin, en daardie eerste uur spandeer?

Seëngroete van ROHSA