icon-newsletter

Jou doen lysie 

 

Wat bepaal jou doen lysie vir elke dag?

Wat jou baas ook al op daardie oomblik gedoen wil hê? Of die nood op daardie oomblik? Of lyk jou lysie min of meer altyd dieselfde: werk toe gaan en skoon maak, wasgoed, skottelgoed, kos maak?

Het jy al daaraan gedink dat die Bybel jou doen lysie kan beinvloed? 

1 Timoteus 2:1-2 “Eerstens spoor ek jou aan om vir alle mense te bid met smeking, voorbidding en danksegging. Bid só vir konings en alle ander in gesagsposisies sodat ons in vrede en rustigheid, toewyding en eerbaarheid kan lewe.

Is gebed deel van jou daaglikse lewe?

Sy waak oor die sake van haar huisgesin en eet nie die brood van ledigheid nie (Spr. 31:27).

Is jy vrygewig?

“As medegelowiges in nood verkeer, wees jy die een om ’n helpende hand na hulle toe uit te steek. Maak ’n gewoonte daarvan om gasvry te wees – maak nie saak of dit oor kos of slaapplek gaan nie.” (Romeine 12:13).

Die lees van God se Woord moet een van die belangrikste dinge op elke gelowige se doenlysie wees. Laat jy toe dat God se Woord jou dag rig?

Seëngroete van ROHSA