icon-newsletter

Jona of Jeremia? 

 

Soos watter een van die twee profete is jy? Jeremia? Of Jona? Albei hierdie mans het met sondaars gepraat. Maar Jona het God se Woord gedeel uit ‘n hart gevul met woede. Hy wou nie gehad het dat sy volk se grootste vyand, God sy boodskap van genade ontvang nie.

Jeremia aan die anderkant, het sy boodskap in trane oorgedra. Sy hart was gebroke oor mense wat van God af weg gedwaal het.

Dit illustreer wat Paulus in 1 Korintiërs 13 sê: “Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.”

Wanneer jy iemand met die waarheid moet konfronteer, wat is die gesindheid van jou hart? Is dit een van woede en wraak? Of breek jou hart terwyl jy die boodskap uit gehoorsaamheid en in liefde oordra?

Ek dink jy sal met my saamstem, kom ons vra God om vir my en jou ‘n sagte, deernisvolle hart te gee soos Jeremia. 

Seëngroete van ROHSA