icon-newsletter

Ja Here

 

Deur die jare het ek al baie vroue gesien wat deur ongelooflike moeilike en komplekse situasies hulle pad moet vind.

Dalk het jy self nooit verwag dat dit so moeilik kan wees om tieners groot te maak nie. Of dalk sien jy hoe jou man by die dag sieker word en voor jou oë weg kwyn. Of dalk is julle nou vir die hoeveelste keer al deur afleggings by die werk geraak. Of dalk kry jy nie die herinneringe van jou trauma verwerk nie.

Ek het ontdek dat die eintlike kwessie in elkeen van ons se omstandighede die volgende is: “Sal ek oorgee aan God se hand en doel in my lewe?”

Indien jy self nou in die middel van een van daardie moeilike situasies is, kan ek jou daaraan herinner dat Jesus self deur God die Vader gevra is, om ‘n bitter beker vol van al die geringste en gemeenste sondes van die wêreld te drink?

Probeer jy dalk om God se keuses vir jou lewe te weerstaan? Wil jy nie eerder die wit vlag van oorgawe waai nie,  en eerder sê: “Ja, Here.” Net soos Jesus in Lukas 22:42  gebid het “Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied.” As Jesus dit kon bid, dan kan ek en jy dit ook bid!

Seëngroete van ROHSA