icon-newsletter

Intiem met God 

 

Terwyl jy konsekwent stiltetyd hou, verdiep jou verhouding met jou hemelse Vader na ‘n meer intieme vlak – amper soos Moses. Ons lees in Eksodus 24 van twee verskillende soorte aanbidders. Die Here het die priesters en 70 ouderlinge van Israel genooi om “van ‘n afstand af” te aanbid. Dit opsigself was ‘n groot voorreg.

Maar hulle leier, Moses, het selfs nader aan God gekom. Eksodus 33:11 verduidelik: “Die Here het met Moses gepraat soos ‘n man met sy vriend praat.”

Is jy soos iemand wat nog nooit op daardie berg was nie – wat nog nooit God se teenwoordigheid ervaar het nie? Is jy dalk soos een van die ouderlinge – om God te sien, maar ‘n veilige afstand te hou? Of is jy soos Moses – wat God intiem leer ken, soos ‘n vriend?

Deur die bloed van Christus nooi God ons uit om tot Hom te nader. Wat staan tussen jou en ware intimiteit met God? 

Seëngroete van ROHSA