Voel jy ook die jaar het te vinnig begin, jy is al klaar oorweldig met als wat jy moet doen?
Nancy onthou dat sy self een keer fisies en emosioneel uitgeput was in die middel van ‘n uitmergelende seisoen van bediening, en sy moes juis weer gereed maak om op nog ‘n uitreik te gaan.
Sy sê: “Op ‘n stadium het ek net in ‘n stoel inmekaargesak en begin snik soos ek huil. Ek kon probeer om myself reg te ruk, ‘n front op te sit en op een of ander manier die krag bymekaar maak om aan te gaan. Maar ek het besef, om in my eie krag dit te probeer doen, ek die genade en teenwoordigheid van God in my lewe sou verbeur. Daarom het ek met die apostel Paulus saamgestem en gekies om te sê: “God se genade is vir my genoeg, want Sy krag word in swakheid volbring.” Daarom sal ek my baie liewer op my swakhede beroem, sodat Christus se krag my kan beskut.”
As jy dalk nou in ‘n soortgelyke situasie is, sal jy doen wat Nancy daardie dag gedoen het? Erken jou nood en roep na God vir Sy genade en krag.
Seëngroete van ROHSA