icon-newsletter

In die oggend

 

Ek het die gewoonte gehad om elke dag op te staan en my dag met stiltetyd te begin. Totdat iets ernstig, onverwags opgeduik het, my planne omvergewerp het en die lewe daarna te besig geraak het.

Dit kan moeilik wees om vroeg in die oggend tyd te maak vir die Here. Maar hoe meer ek die Woord van God bestudeer, hoe meer is ek daarvan oortuig dat ons die eerste deel van elke dag met Hom moet spandeer.

  • Psalm 88:14 “Ek roep na U om hulp, Here, vroeg in die môre al bid ek tot U.”
  • Psalm 57:9 “Ek wil vroeg opstaan, met harp en lier wil ek die rooidag wakker maak!”
  • Psalm 119:147 “In die oggendskemer al roep ek om hulp en stel my vertroue in U Woord.”

God bied aan jou ‘n uitnodiging. Hooglied 2:10 “My beminde begin toe en sê vir my: Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!” Sal jy Hom vra om jou moreoggend wakker te maak wanneer Hy jou wil ontmoet?

Jesaja 50:4 “Elke more laat Hy my opnuut weer luister, Hy laat my luister soos ‘n leerling moet luister.”

Seëngroete van ROHSA