icon-newsletter

In die belang van ander

 

In alle eerlikheid moet ons erken, ons is almal geneig om onsself meer lief te hê as ander.

Jy hoor hoe ‘n sussie by die kerk kla oor sy weer gevra is om as vrywilliger uit te help, mense besef duidelik nie hoe besig en vol haar lewe is nie.

Ja, ons moet ons tyd wys bestee. Maar voordat jy nee sê vir ‘n geleentheid, het jy eerstens ‘n antwoord by God gesoek?

Fillipense 2:4 sê “Julle moet nie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.”

Ons verdedig en beskerm maklik ons eie regte. Ons wil veral ons tyd en reputasies hoog hou.

Dit is so maklik om geiireteerd te raak met die vriendin se kinders wat jy moet oppas, of ‘n ou mens wat alweer vir ‘n gunsie vra. Hoeveel keer brom ons onderlangs en wonder hoe jy jouself in die situasie gekry het?

Onthou die woorde van Paulus in 2 Korintiërs 12: “Ek sou graag alles wil gee vir julle lewe, ja, ook myself.”

Leef jy  vir jouself en jou eie geluk, of sien ander die liefde van Christus deur jou lewe raak?

 

Seëngroete van ROHSA