icon-newsletter

Hy wil jou stem hoor

 

Ek weet ek moet my Bybel lees en bid – net soos wat ek my groente moet eet, oefen en my begorting moet laat klop. Ek dink in alle eerlikheid ek het ‘n daaglikse stiltetyd baie meer as daardie ander dinge nodig.

‘n Vers uit Spreuke het my gedagtes rondom my stiltetyd radikaal verander. ”My beminde begin toe en sê vir my: Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog! ” Hooglied 2:10

Net soos daardie koning wil God jou naby aan Hom hê en jou stem hoor. Dit is vir my verstommend, ek vra myself af: “Here, hoekom sou U my gesig wou sien? Waarom sou U my stem wou hoor?”

Dis te groot vir my, ek verstaan nie regtig hoekom die aller Hoogste God met my wil ontmoet nie. Maar die feit bly staan, die woord van God sê Hy geniet dit om tyd saam met my en met jou deur te bring! 

Het jy vandag al tyd spandeer om Hom lief te hê?

Seëngroete van ROHSA