icon-newsletter

Huistoe gedra 

Nancy het een somer ‘n kamp vir kinders gelei. Eendag het een van die beraders in die berge gaan stap en op die paadjie gegly. Sy het in die ongeluk oombliklik na haar dood geval. Die volgende dag moes Nancy vir daardie kinders vertel wat met hul berader gebeur het.

Sy het gedink aan die Bybelse verhaal van Lasarus, die bedelaar, wat deur die engele na die hemel begelei is toe hy gesterf het. Lukas 16:22 “Kort voor lank is Lasarus dood. Maar toe het ’n koninklike ontvangs in die hemel hom te beurt geval. Die engele het hom kom haal en reguit na Abraham toe gedra.“

Nancy het vir daardie kinders gesê dat hulle nie kon sien wat op daardie paadjie gebeur het nie, maar dat God daardie dag vir een van Sy engele gesê het, “Ek wil hê jy moet gaan en jy moet Vicki kry, en dan wil Ek hê dat jy haar vandag na My toe bring.” Alhoewel dit vir hulle gelyk het of sy op die paadjie gegly het, wat eintlik gebeur het, is dat die engele haar opgetel het en na die hemel gedra het.

As jy jou geloof in Christus gestel het, is die dood nie iets om te vrees nie. Op die regte tyd sal God Sy engele stuur om jou huis toe te dra.

Seëngroete van ROHSA