icon-newsletter

Hoop op God 

 

Koning Dawid het baie van sy emosionele worstelinge in die Psalms opgeteken. Wanneer ons deur die Psalms lees, ontdek ons dat fisiese en emosionele lyding dikwels die gevolg is van ons eie keuses.

Dawid skryf in Psalm 32:3: “Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam  uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het. U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag het opgedroog soos water in somerhitte.”

Ongeag waar die pyn vandaan gekom het, het Dawid geweet waar om te gaan om hulp te soek.

In Psalm 42:12 sê Dawid: “Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom ‘n loflied sing. Hy is my helper en my God!”

Ons beleef almal seisoene van emosionele pyn. Wanneer jy volgende keer oorweldig voel, kan jy na dieselfde bron gaan as waarvan Dawid gepraat het. Dit maak nie saak watter probleme jy in die gesig staar nie, jy kan op God vertrou, en jy kan Sy vreugde en vrede ervaar.

Seëngroete van ROHSA