Ek verstaan dat dit belangrik is om my Bybel te lees en te bid, maar elke dag wat ek probeer, is ek uitgeput. Ek probeer wakker word om tyd saam met God deur te bring, maar ek raak elke keer net weer aan die slaap. Ek wil net opgee.
Nancy sê wanneer sy so voel, is die eerste ding wat sy haarself afvra, hoekom is sy so moeg? Miskien is daar ‘n fisiese rede wat met dieet en oefening aangespreek kan word – nie iets wat sy van nature geniet nie, maar sy oefen omdat dit vir haar groter stamina en krag gee, om die Here te soek en die dinge te doen wat Hy wil hê sy moet doen.
Ons moet ook na ons skedules kyk en seker maak dat ons tyd oordeelkundig gebruik. Ons kan seker maak dat die dinge wat ons doen, werklik God se wil is vir hierdie seisoen van ons lewens.
Dan kan ons ook God vra om ons te help. Onthou die woorde van Jesaja 40:29-30 “Die Here maak mense weer sterk wat moeg is. Hy laat mense dinge doen wanneer hulle dit self nie meer kan doen nie. Seuns sal moeg word, jongmanne sal val, maar die mense wat in die Here glo en wat op Hom vertrou, sal nuwe krag kry.”
Seëngroete van ROHSA