Daar is baie teks verse wat daaroor praat om vroeg wakker te word om tyd saam met God deur te bring. Maar hoe vroeg is vroeg? Beteken dit dat jy selfs wanneer dit nog donker is moet opstaan, jy slaap al klaar so sleg?
Ek weet nie wat “vroeg” vir jou beteken nie, maar ek sal jou vertel wat dit vir my beteken. Ek werk van die huis af, en vir my is vroeg die tyd voordat die foon begin lui en boodskappe my aandag aftrek. As ek teen daardie tyd nog nie met God ontmoet het nie, word dit vir my amper onmoontlik om die tyd, ‘n stil plek of ‘n rustige hart vir die res van die dag te vind. Wanneer die alledaagse eise eers daar is, het ek die kosbaarste tyd van die dag verloor, en my toewydingstyd sal op sy beste gefragmenteer wees.
Wanneer begin die druk en eise op jou dag instorm? Indien dit vir jou moontlik is, maak sommer vir more oggend al die afspraak. Maak tyd en ontmoet God in gebed en in sy Woord, voordat jou dag besig raak.
Psalm 5:4 “Here, in die oggend sal U my stem hoor. Soggens bring ek my versoeke vol verwagting na U toe.”
Seëngroete van ROHSA