icon-newsletter

Hindernisse 

 

Nancy het nog ‘n groep vroue gevra hoeveel tyd hulle spandeer aan gebed en Bybel lees. Sy het baie van een van die vroue se antwoord gehou: “Wel ek moet net kies om dit te doen. Ek bedoel, glo ek regtig dat dit so belangrik is om daardie tyd saam met God te spandeer, as byvoorbeeld om te eet? Dan moet ek mos net kies om my afspraak met God my prioriteit te maak?”

Ek en jy gaan vandag voor allerhande keuses te staan kom. Die slotsom is as ons nie tyd het om ‘n verhouding met God deur Sy Woord en gebed te koester nie, is daar ongelukkig iets fout met ons prioriteite.

Die skrywer van Hebreërs sê: “Met so ’n magtige skare toeskouers rondom ons om ons in die wedloop van die geloof dop te hou – kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ’n houvas op ’n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus” (Hebreers 12:1).

Is daar iets in jou skedule wat jou verhinder om na Christus toe te hardloop? Enigiets wat jou daarvan weerhou om daagliks tyd saam met die Here deur te bring?

Seëngroete van ROHSA