icon-newsletter

Hierdie is ‘n toets

 

Toe jy op skool was, het jou onderwysers waarskynlik spontaan vasvrae in die klas gehou, en dan was daar ook die toets reekse en eksamens waarvoor mens vooraf kon leer. Dit is onderwysers se manier om uit te vind of leerlinge die materiaal verstaan en geleer het.

God gee ook vir ons toetse. In Eksodus 16:4 lees ons dat Hy sy volk die woestyn ingelei het: “Toe het die Here vir Moses gesê: “Let nou mooi op. Ek sal elke keer vir julle kos uit die hemel laat reën. Dan moet die volk elke dag gaan en dié dag se voorraad optel. So sal Ek toets of hulle my opdrag wil nakom of nie.”

Al weet God alles, het Hy ook aan ons die vermoë gegee om keuses te maak. Hy toets ons om vir my en jou te wys wat werklik in ons harte aangaan. Hy wil ook uitvind of ons gehoorsaam sal wees. Ten slotte wys Hy vir ons of ons Hom werklik vertrou. 

 Jy sal nooit die antwoorde op hierdie vrae ken voordat jy nie self deur die toetse van woestyn ervarings gegaan het nie.

Miskien werk jy juis nou deur so ‘n moeilike toets. Vra God om jou hart deur hierdie ervaring te openbaar. Wees verseker en gerus, op die regte tyd sal Hy jou steeds uit die woestyn uitlei.

Seëngroete van ROHSA