icon-newsletter

Het jy werklik vergewe?

 

Laat die gedagte aan een of ander persoon jou emosioneel reageer? Dink jy dis moontlik om te weet of jy werklik iemand vergewe het? As jy aan hulle dink, wat is die gesindheid van jou hart? Voel jy:

  • Jou maag maak skielik ’n emosionele draai?
  • ’n Begeerte na wraak en regverdiging?
  • Is dit vir jou swaar om God te vra om hulle te seën?
  • Is dit vir jou moeilik om enige van hul goeie eienskappe raak te sien?
  • Wens jy almal het van hul slegte eienskappe geweet?

As enige van hierdie waar is, is dit waarskynlik dat jy nie werklik klaar vergewe het nie. Die Bybel sê vir ons: “Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek. Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.” (Efesiers 4:32). 

Sal jy jou oortreder aan God oorgee en dit daar laat? Kies jy om te vergewe op grond van wat Christus vir jou gedoen het?

Seëngroete van ROHSA