icon-newsletter

Het jy daaroor gebid?

 

Jy sal waarskynlik met my saamstem dat baie van ons gebore reg-makers is. Ons wil dinge self doen en uit sorteer. Ons hou daarvan om sake in ons eie hande te neem. Maar, ons kwel en bekommer ons oor baie dinge en verwag van ander om oplossings te bied waarmee ons tevrede sal wees. 

Ongelukkig vergeet ons soms in die proses dat gebed die heel beste is wat ons kan doen. Soos Jakobus 4:2 sê: “Julle wil dinge hê wat julle nie het nie…. En eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie.”

So dikwels vergeet ek om God se hulp te vra en dink eers daaraan as al my eie idees en planne nie werk nie. Ek het ‘n nota op my tafel wat sê “Het jy daaroor gebid” om my vroegtydig daaraan te herinner. 

Watter uitdaging staar jou vandag in die gesig? Of is daar iets waaroor jy jou bekommer? Kan ek vir jou dieselfde vraag vra: Het jy al daaroor gebid?

Seëngroete van ROHSA