icon-newsletter

Herstel vir jou siel

 

Vra jy bietjie vir die mense om jou rond hoe dit met hulle gaan, sal jy waarskynlik hoor: 

  • Uitgeput, gedaan! Ek word elke dag moeg wakker, met ‘n elle lange lys van dinge om te doen.
  • Selfs ‘n vakansie sal nie help nie, want daar sal soveel dinge wees wat ek moet inhaal wanneer ek terugkom, meer as voordat ek weg gegaan het! 

Weet jy, dis nie net ‘n kwessie van hoeveel ons moet doen nie. Ek is oortuig daarvan dat een van die belangrikste redes waarom ons nie die eise van die daaglikse lewe kan hanteer nie, is omdat ons gemoedere vol en ons geesmens moeg is. Ons siele moet herstel word.

Dit is een van die doelwitte van ‘n daaglikse toewydingstyd. Die eise van ‘n tipiese dag kan veroorsaak dat ons uitgeput in die bed neerval, maar volgens Klaagliedere 3 is God se barmhartigheid elke oggend nuut. As ons nie put uit Sy vars, oneindige aanbod van genade en barmhartigheid nie, sal ons afhanklik moet wees van ons eie uitgeputte en karige hulpbronne. 

Waarom neem jy nie môreoggend spesiaal tyd om uit Sy genade te put nie? Laat God toe om jou siel te verkwik en herstel te bring.

Seengroete van ROHSA