icon-newsletter

Herlewing statistieke

Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Tydens die Eerste Groot Herleweing in Amerika het die Gees van God drasties opgetree en beweeg. Daar was so ‘n honger na die Woord van God dat ongeveer 20 000 mense opgedaag het om George Whitefield in Boston te hoor preek – en dit was toe Boston ‘n bevolking van slegs nagenoeg 12 000 gehad het! Mense het kilometers ver gereis om God se teenwoordigheid te soek.

As jy die persentasie Amerikaneres wat op die Eerste Groot Herlewing reageer het, sou neem en dit op vandag se bevolking toepas, sou die syfers verstommend wees. As God vandag op ‘n manier beweeg, soortgelyk aan die manier waarop Hy in die 1730’s gedoen het, sou meer as 14 miljoen mense opdaag om die evangelie te hoor. (In ons eie konteks is dit omtrent die hele bevolking van Gauteng.)

Kan jy jou indink wat in ons land kan gebeur? Die Eerste Groot Herlewing in Amerika het ‘n dramatiese verandering in die sosiale, morele en geestelike klimaat van die dag gebring… God kan dit verseker weer in ons tyd doen!

Sal jy saam bid dat die vuur van herlewing in ons nasie kan uitbreek?

 

Seën groete van ROHSA