Het jou gees lewe verkwikking nodig, ‘n herlewing? Gaan dit goed met jou – het jy ‘n goeie werk, ‘n mooi huis, oulike kinders? Sal jy geïnteresseerd wees as jou gemeente afkondig dat hulle ‘n reeks byeenkomste vir herlewing beplan?
‘n Herlewing vind plaas wanneer God sy kinders terug roep na Hom toe. Dink jy dis nodig dat jy sulke byeenkomste bywoon?
Miskien dink ander jou lewe is goed en alles werk mooi uit. Maar diep in jou binneste weet jy dat daar sekere dinge is wat jou weerhou van ‘n volle, eerlike verhouding met God. Jy hoef nie te wag vir ‘n spesiale diens by jou kerk nie. Jy kan nou om vergifnis vra en jouself wegdraai van die sonde in jou hart.
Handelinge 3:19 Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis. En dan sal daar tye van verkwikking van die Here af kom en sal Hy Jesus stuur, wat vooraf vir julle as die Christus aangewys is.
Kom ons bid saam Psalm 85:7 “wil U ons nie maar weer lewend maak, sodat u volk hulle in U kan verheug nie? Here, laat ons weer u troue liefde ervaar, u verlossing – skenk dit aan ons!”
Seëngroete van ROHSA