icon-newsletter

Here, ek is beskikbaar 

 

Voel jy dat God jou vra om iets te doen wat onmoontlik blyk? Huil jy by jou Vader met smeekgebede soos:
“Here, ek dink nie ek kan nog een dag langer met my man uithou nie.”
“Vader, ek weet my ma is siek, maar daar gaan nou so baie aan, soveel uitdagings vir ons gesin. Ek weet nie hoe ek vir haar kan aanhou sorg nie.”

God het die meisie, Maria van Nasaret, gekies om iets werklik merkwaardigs te doen—om Sy Seun in die wêreld in te dra, al was sy nog ‘n maagd. Ek hou van Maria se reaksie. Sy het gesê: “Ek is die Here se dienares en gewillig om te aanvaar wat Hy ook al wil hê. Mag alles wat jy gesê het, waar word.” (Lukas 1:38)
Met ander woorde, sy het gesê: “Here, my liggaam is U sin. My lewe behoort aan U, ek is beskikbaar.”

Ons word opgeroep om dieselfde te antwoord, in allerlei situasies.
“Here, my huwelik behoort aan U.”
“My finansies en tyd is eerstens U sin.”

Watter moeilike uitdaging jy ook al in die gesig staar, sal jy net gou stilstaan en antwoord: “Here, ek dien U, mag dit vir my wees soos U gesê het.”

Seëngroete van ROHSA