icon-newsletter

Here, ek is beskikbaar

 

Voel jy dat God jou vra om iets te doen wat onmoontlik is? Want jy kan dit régtig nie meer met jou man se streke uithou nie. Hoe moet jy nog aanhou vir jou siek ma sorg, jy besef sy is baie siek, maar jou eie lewe is reeds oorvol?

God het Maria van Nasaret gekies om iets werklik wonderlik te doen—om Sy Seun in die wêreld in te dra, al was sy nog ‘n maagd. Ek hou van Maria se reaksie. Lukas 1:38 Maria het geantwoord: “Ek is die Here se dienares en gewillig om te aanvaar wat Hy ook al wil hê. Mag alles wat u gesê het, waar word.”

Met ander woorde, sy het gesê: “Here, my liggaam is U sin. My lewe is U sin. Ek is beskikbaar.”

Ons word geroep om dieselfde te sê, in alle omstandighede en situasies. “Here, my huwelik behoort aan U. Here, my tyd behoort aan U.”

Watter moeilike uitdaging jy ook al in die gesig staar, al wat jy hoef te sê is: “Here, ek is U dienaar. Mag dit vir my wees soos U gesê het.”

Seëngroete van ROHSA