icon-newsletter

Heiligheid en Vreugde 

 

Waarmee assosieer jy die woord “heiligheid” in mense? Dink jy aan iemand wat ander help en goeie dade verrig? Of is dit iemand wat preuts, konserwatief en altyd ernstig is?

Het jy geweet in die Bybel loop heiligheid hand aan hand met vreugde? Psalm 4:7 Baie mense sê: “Wie sal ons weer die goeie laat beleef?” Laat die lig van u teenwoordigheid oor ons skyn, Here! U het vreugde in my hart gegee, meer as in die tyd wanneer mense se koring en nuwe wyn volop is. In vrede kan ek gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want net U, Here, laat my veilig woon.

As ons in vrede en vreugde wil groei, moet ons bereid wees om in God se teenwoordigheid te kom sodat God ons kan heilig maak.

Soos die groot prediker Jonathan Edwards gesê het: Heiligheid is ‘n baie mooi en wonderlike ervaring. Daar is niks anders wat so soet en lieflik is nie.

Seëngroete van ROHSA