icon-newsletter

Heiligheid en swaarkry 

 

Wat kan ons help om in heiligheid te groei?

Jy kan ‘n konferensie bywoon met heiligheid as ‘n tema, of dalk ‘n boek koop oor die Sewe stappe tot Heiligheid. Maar weet jy, God gebruik iets verrassends om ons heiligheid te leer – swaarkry! Die feit is dat die weg tot heiligheid altyd swaarkry insluit.

Wanneer ons lewens net rose is sonder dorings, is ons geneig om geestelik gemaklik of tevrede te wees. Ons skeep selfondersoek en belydenis af. Maar swaarkry het ‘n manier om die invloed van selfsugtigheid af te breek wat met die verloop van tyd in ons elke dag se lewe inkruip.

Die Psalmskrywer stel dit so in Psalm 119:67: “Voordat ek swaar gekry het, het ek gedwaal, maar nou hou ek my aan U Woord.”

Ervaar jy ‘n tyd van swaarkry? Kan ek jou aanmoedig, moeilik soos wat dit is, om dit as ‘n geskenk van God te aanvaar. Vra Hom om hierdie tyd te gebruik om jou meer soos Hy te maak, heilig en afgesonder vir Hom.

Seëngroete van ROHSA