icon-newsletter

Hantering van druk 

“Ag julle, ek het vandag so op my man geskree! Soms wanneer soveel uitdagings op een slag na my kant toe kom, raak ek net so gefrustreerd en dan vlieg die woorde voordat ek dink!” Klink dit soos jy? Hoe hanteer jy druk?

Wanneer ek nie tyd alleen met God in die Woord en in gebed deurbring nie, beïnvloed dit beslis hoe ek druk hanteer.

Wanneer ek byvoorbeeld moeg is, raak ek ongeduldig; en wanneer ek nie ‘n situasie verstaan nie, voel ek maklik oorweldig. Wanneer die druk erg toeneem, kan ek maklik kwaad word en reaksionêr optree.

Maar Psalm 19:8 sê: “Die opdragte van יהוה is reg, hulle verbly die verstand, wil en emosie; die bevele van יהוה is suiwer: dit verlig die oë.” of soos die Lewende Vertaling dit stel: Die Here se voorskrifte is volkome, dit gee nuwe lewenskrag. Die bepalings van die Here is betroubaar; dit maak die eenvoudige verstandig. 9Die Here se bevele is reg, dit bring vreugde vir die hart. Die opdragte van die Here is duidelik; dit gee insig vir die lewe.”

Elke dag bring sy eie probleme mee. Daarom moet ons in God se teenwoordigheid kom. Wanneer ons dit doen, vind ons vergifnis, genade en vrede, en ons vind perspektief om die druk van die lewe te hanteer.

Seëngroete van ROHSA