icon-newsletter

Haar voete tuis

 

Jare gelede het die feministiese beweging suksesvol idees verkondig wat ontevredenheid aangewakker het, onder vroue wat hulle tyd tuis spandeer het.

Nancy onthou: My Ma het my vertel dat ‘n paartjie maklik ses kinders in die eerste paar jaar van hulle huwelik gehad. Dit was harde werk, maar vrouens het groot vreugde daarin gevind om die Here te dien deur haar gesin te versorg en haar huis te bestuur. My ma het gesê dat sy nie geweet het sy is veronderstel om ongelukkig te wees nie, totdat ander vir haar vertel het dat hulle voel hulle nie al die eise van ‘n tuisbly ma wil hanteer nie. 

Dit laat my dink aan die vrou wat in Spreuke 7:11 beskryf word: “In haar huis is haar voete nie tuis nie”. Die nalatenskap van my ma se lewe staan vir my steeds ​​in kontras met vroue wat dink dat werk in die huis sinneloos is en dat die grootste vervulling net buite die huis gevind kan word.

Het God jou geroep om die bestuurder van jou eie huishouding te wees? Is jou primere roeping om jou gesin te versorg? Dank God dan vir hierdie belangrike werk. Hou aan om te dien vir Sy eer en om jou bevrediging in jou roeping as tuisteskepper te vind.

Seëngroete van ROHSA