icon-newsletter

Groot en kosbare Beloftes

 

‘n Vriendin het ervaar dat God wou hê sy moet haar werk bedank en vir eers op haar familie se behoeftes konsentreer…maar nou wonder sy.

Ons ervaar almal oomblikke waar ons onsself aan God se Wil kan onderwerp.

Dalk is jy in ‘n nuwe dorp waar jy niemand ken nie. Jy weet dit is waar God wil hê jy moet wees, maar jy voel bitter alleen.

Toe Abraham alles agtergelos het om God te volg, het hy net God se beloftes oor ‘n nageslag en ‘n land gehad om aan vas te hou. Vir vyf en twintig jaar het Abraham geen bewyse gehad dat die belofte tot vervulling sou kom nie. Soms word ons geroep om so te volhard.

2 Petrus 1:4 sê “ Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur.” Net soos Abraham, kan ons aan God se beloftes vashou wanneer dinge om ons donker voel. As jy sukkel om uit te hou, bemoedig jou hart met God se beloftes, en herinner jouself daaraan dat God altyd Sy beloftes hou.

Seëngroete ROHSA