icon-newsletter

Gracia kon aanhou vergewe

Drie mans met masjien gewere het die vertrek binnegestorm en hulle gyselaar geneem. Dit was die negende dag wat hulle sonder kos aangehou is, deur ‘n terroriste groep in die Filipynse oerwoud, dat Gracia besluit het om die terroriste te vergewe. Asook die regering wat hulle nie kom red het nie.

Sy het ervaar dat solank sy die oortreders nie vergewe nie, die situasie vir haar onhoudbaar was en haar hart in warboel. Maar nadat sy hulle vergewe het, het sy vrede ervaar. Dit was als goed en wel, maar die probleem was dat die terroriste nie verander het nie. Inteendeel, dinge het net vererger, toe hulle die losprys geld ontvang het, het die terroriste besluit hulle wil nog meer geld hê, en die prys verhoog.

So ontsteld as wat Gracia was, het sy besef dis ‘n nuwe geleentheid waar sy God kon vra om weereens aan haar die genade van vergifnis te gee.

Dalk is daar iemand in jou eie lewe wat jou elke dag opnuut seermaak, terroriseer of te na kom. Jy moet gesonde grense toepas, terwyl jy ook die geleentheid het om die persoon elke dag van vooraf en volkome te vergewe. Vra God elke dag vir nog ‘n porsie van Sy genade vir verginis. Onthou jy, Jesus het in Mattheus 18:22 gesê “Ek sê vir jou, nie tot sewe keer nie, maar tot sewentig maal sewe keer.”

 

Seëngroete van ROHSA